Nuwe dieselprys sal voedsel nog duurder maak

Die styging in die dieselprys het ‘n noemenswaardige impak op vervoer wat op sy beurt weer ‘n impak op produkte, voedsel ingesluit, het. Diesel sal op 6 Julie teen 22 Namibiese dollar 77 sent op Walvisbaai verkoop en druk neem toe op vervoermaatskappye om mededingend te wees. Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Vervoer sê dis ‘n kwessie van vasbyt en innovering.