Drie dood in Denemarke

Drie mense is dood en verskeie ander is beseer in ‘n skietery Sondagaand by ‘n winkelsentrum in Kopenhagen. Die Deense polisie sê hulle het ‘n 22-jarige Deense man in hegtenis geneem en van manslag, wat in daardie land moord met voorbedagte rade is, aangekla. Hy het by ‘n inkopiesentrum losgebrand, wat langs die Royal Arena is waar Harry Styles ‘n vertoning sou gehad het. Dit is afgelas. Plaaslike beeldmateriaal wys hoe groepe verskrikte mense van die winkelsentrum af weghardloop.