Nuwe Covid-19 regulasies van vandag af van krag

Die nuwe Covid-maatreëls wat van vandag af tot 14 September van krag is bepaal onder andere dat 100 persone by byeenkomste toegelaat word. Die aandklokreël geld van 22:00 tot 04:00, volle kapasiteit word by skole toegelaat, drankverkope bly onveranderd, maar restaurante mag drank met etes verkoop. Dobbelhuise is nou oop met 50% kapasiteit,kontaksport word toegelaat, maar met geen toeskouers nie en begrafnisse moet binne 10 dae plaasvind en slegs 100 roubeklaers word toegelaat.