Nuwe broeikolonie ontdek in Antarktika

‘n Broeikolonie van 60 miljoen vis is in die ysbedekte Weddell-see in Antarktika ontdek. Dié seldsame en voorheen onbekende ekostelsel strek oor ‘n gebied so groot soos Malta. Die uitgestrekte kolonie wat glo die wêreld se grootse is, is die tuiste van die merkwaardige ysvis. Sy kopbeen en bloed is deurskynend. Ysvis is die enigste gewerweldes wat nie rooibloedselle het nie. Die ysvis het ‘n teen-vries-proteïen in sy deurskynende bloed wat keer dat yskristalle ontstaan.