Nog ‘n TransNamib-trein ontspoor

Nog ‘n ontsporing van ‘n TransNamib-trein het in die Suide van die land plaasgevind. Die maatskappy se woordvoerder Abigail Raubenheimer het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die spoorlyn het verspoel as gevolg van reën wat ontvang is. Die ontsporing het tussen Aus en Keetmanshoop, 119 kilometer tussen die Guibes- en Schakkalsskuppe-punte plaasgevind. Raubenheimer het bevestig dat die trein vier vragwaens gesleep het. Niemand is beseer nie en dit is nie duidelik wanneer herstelwerk sal voltooi wees nie. TransNamib het in die afgelope vier jaar meer as 195 ongelukke gehad as gevolg van swak spoor infrastruktuur. Volgens die hoof uitvoerende beampte, Johny Smith, bestee die maatskappy net 14 persent van wat hy moet op die instandhouding van spoorweë regoor die land, met net minder as 26 000 dollar per kilometer, teenoor die 185 000 dollar, wat nodig is. Daar is ook ‘n tekort aan lokomotiewe.