Nuwe borgaansoek vir sommige Fishrot-beskuldigdes

‘n Nuwe borgaansoek deur van die Fishrot-beskuldigdes sal volgens berigte vanaf 1 tot 12 November in die hoërhof aangehoor word. Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi bring die aansoek. Volgens berigte sê die groep die ondersoek is afgehandel en hulle meen die staat kan moontlik inmeng met getuies. In hulle stukke sê hulle ook hulle het nie genoeg geld om die land te verlaat nie en dus, is daar geen risiko dat hulle die land sal vlug nie. Dit is Shuudifonya en Mwapopi se eerste aansoek om borg. Die aansoek om die twee sake teen die hoofverdagtes saam te voeg word op 20 September aangehoor.