Nuwe berigte van teistering op Botswana-grens verras nie

Die sekretaris-generaal van die Caprivi Concerned Group, Edwin Samati, sê hy is nie verbaas oor die jongste berigte van teistering deur lede van Botswana se weermag op die land se grens met Namibië nie. ‘n Plaaslike toergids sê hy en sy gaste is op die Chobe-rivier deur die soldate geteister, al was hulle aan die Namibiese kant van die rivier. Samati sê daar is geen politieke wil om die kwessie aan te spreek nie.