Nuwe beleggingswetsontwerp ‘n tameletjie

Die Wetsontwerp vir die Bevordering en Fasilitering van Beleggings 2021 is op 25 November in die Nasionale Vergadering deur die Namibiese handelsminister, Lucia Iipumbu ter tafel gelê en is geskeduleer om Dinsdag goedgekeur te word. Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsings-vereniging het sy reaksie op die wetsontwerp so aan Kosmos 94.1 Nuus opgesom.