Nuwe ampsdraers vir alkoholbedryf

Die Selfregulerende Alkoholbedryfsforum, ‘n vrywillige vereniging wat saamgestel is uit lede van die meeste van die formele vervaardigers en verspreiders van alkoholiese drank in Namibië, het op sy algemene jaarvergadering in Augustus nuwe ampsdraers verkies. Die nuutverkose lede, wie se termyn wat op 1 Augustus in werking getree het, sal saam met dié van ander belanghebbende partye as die dryfkrag agter bedryfsaktiwiteite dien om die verantwoordelike gebruik van alkohol te bevorder. Horst Heimstädt van die forum maak die nuwe ampsdraers aan Kosmos 94.1 Nuus bekend.