Nuwe aansoek vir seismiese opnames aan die Kaapse Weskus

Searcher Seismic het ‘n kennisgewing uitgereik dat hy aansoek gedoen het vir ‘n nuwe permit om ‘n seismiese opname aan die Weskus in Suid-Afrika te doen. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap het die Australiese geo-wetenskapsdata-onderneming se voorheen beplande opname verwerp weens ‘n onvoldoende openbare raadplegings-proses. Searcher het die partye wat geraak is, genooi om deel te neem aan die aansoekproses vir omgewings-magtiging. Environmental Impact Management Services is as die assesserings-praktisyn aangestel om met die aansoek te help.