Nuw Blitsbokke-afrigter ná Wêreldbeker-toernooi bekend gemaak

Rugby: Die Suid-Afrikaanse beheerliggaam het reeds besluit wie Neil Powell se opvolger as hoofafrigter van die nasionale sewesspan sal wees, maar die persoon se naam sal eers volgende maand bekend gemaak word. Powell sal die Blitsbokke ná byna tien jaar verlaat om die Haaie se direkteur van rugby te word. Hy sal ná die Wêreldbeker-toernooi van die negende tot 11 September in Kaapstad sy pos ontruim. Die Blitsbokke loop steeds voor in die wêreld-reeks voor die laaste toernooi in Los Angeles die laaste naweek van hierdie maand plaasvind.