Owerhede soek na miniatuur-selfone in 66 Franse tronke

Owerhede in Frankryk het ‘n reuse-operasie van stapel gestuur om die gebruik van miniatuur-selfone in gevangenisse landwyd te stop, en 66 gevangenisse in die land deursoek in ‘n poging om beslag te lê op duisende sulke toestelle. Die operasie, genaamd “Prison Break”, is daarop gemik om ‘n stokkie te steek voor die gebruik van die […]

Read More

Ondersoek na Meksikaanse Vloot-skip botsing in New York 

Die Amerikaanse Vervoerveiligheidsraad het ‘n ondersoek van stapel gestuur na hoe ‘n Meksikaanse Vloot-opleidingskip Saterdagaand die Brooklyn-brug getref het en twee bemanningslede dood is. Volgens die owerhede was die skip, die Cuauhtémoc, met 277 mense aan boord, op pad na Ysland, toe dit krag verloor en die kaptein nie ‘n botsing met die brug kon […]

Read More

Sersant in aanhouding na sterfte by Onhuno kontrolepunt

NamPol-woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het bevestig dat ‘n polisiesersant in hegtenis geneem is na die 38-jarige Eliud Hamukwaya by die Onhuno padverkeer kontrolepunt in die Ohangwena-streek doodgeskiet is. Volgens die voorlopige verslag het die sersant laat Sondagaand ‘n vragmotor gestop en die bestuurder vir sy bestuurderslisensie en die weegbrug-dokumente gevra. Hy het net sy lisensie […]

Read More

Gautent onderbestee R1,8 miljard, UDM eis ondersoek

Die UDM in Gauteng eis ‘n onafhanklike forensiese ondersoek na die provinsiale regering se onderbesteding van sy jaarlikse begroting. Die provinsie het geld aan die Nasionale Tesourie terugbetaal nadat hy 1,8 miljard-rand onderbestee het. Andile Jabavu van die UDM sê dit is oneties en onredelik dat ‘n regering wat met openbare hulpbronne toevertrou is, nie […]

Read More

Nigel van Wyk hoor (dalk) vandag oor vervolging 

Uitspraak word vandag verwag in die saak waarin Fishrot-beskuldigde Nigel van Wyk sekere aanklagte teen hom uitdaag. Uitspraak is reeds drie keer uitgestel. Van Wyk het vroeër versoek dat die hof agt van die strafregtelike aanklagte teen hom tersyde stel. Die aanklagte het betrekking tot die beweerde oortreding van die wet op die voorkoming van […]

Read More

Twee verdagtes in Noordoewer gearresteer nog nie met Namdia-roof verbind

Dit is voortydig om in hierdie stadium die inhegtenisname van twee mans in Noordoewer te verbind met die Namdia-diamantrooftog, sê NamPol adjunk-inspekteur-generaal, generaal-majoor Anna-Marie Nainda. Die 53-jarige Andreas Akwaake en 39-jarige Immanuel Iipinge is volgens die nasionale uitsaaier op 28 Maart in Noordoewer in hegtenis geneem vir die besit van 750 000 Namibiese dollar in […]

Read More

Arbeid gee terugvoering oor De Duine 

Die De Duine Hotel in Hentiesbaai is deur die justisie- en arbeidsverhoudinge-ministerie beveel om nie ‘n voorstel oor onder andere die terughou van kelners se fooitjies te implementeer nie. Dit volg na ‘n brief wat deur die hotel se bestuur geskryf is uitgelek het en ‘n span van die ministerie die hotel ondersoek het. Die […]

Read More

Stad Windhoek vra hulp teen koperkabel-diefstal

Koperdiefstal is ‘n landwye hoofpyn wat net erger word. Die Stad Windhoek het alarm gemaak oor ‘n toename in koperkabel-diefstal in die hoofstad. ‘n Onlangse geval naby die Otjomuise-polisiekantoor is aangemeld. Die stad doen ‘n beroep op die publiek om te help om die oortreders te vang en om enige verdagte aktiwiteite aan te meld. […]

Read More

Dagga-vonds op Ariamsvlei – nog vier agter tralies 

Die Namibiese polisie sê nog vier mans is gearresteer in verband met die vonds van 27 kilogram dagga wat Maandag by Ariamsvlei-grenspos gevind is. Die waarde word op 1,36 miljoen Namibiese dollar beraam. Die vier mans, almal Namibies, is 18, 30, 31 en 40 jaar oud. ‘n Suid-Afrikaner, 31, is reeds in hegtenis geneem. Nog ‘n […]

Read More

Santaco vra aksie na dodelike aanvalle op taxibedryf

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-raad in Gauteng vra vir dringende wetstoepassing na dodelike aanvalle op lede van die taxibedryf in Mabopane, Hartbeespoort, Johannesburg, Sedibeng en Ekurhuleni. Sekretaris van Santaco in Gauteng, Graham Fritz, sê die geweld is verwoestend vir families en gemeenskappe. Hy het die polisie aangemoedig om patrollies en ondersoeke te vermeerder, en het ‘n […]

Read More