Nust sê inenting om eksamen te skryf is nonsens

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie sê gerugte dat studente wat eksamen wil skryf ingeënt moet wees, is fopnuus. Luidens verskeie kommentare op sosiale media moet studente of ten volle ingeënt wees, of ten minste die eerste spuit geneem het, of hulle moet ‘n negatiewe Covid-toets by hulle hê om toegang tot die eksamenlokaal te kry. Daar is geen so voorskrif nie.