Nust open kampus op Eenhana

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, het vandag ‘n nuwe kampus op Eenhana in die Ohangwena-streek geopen. Dit is die universiteit se tweede volledige kampus naas die hoofkampus in Windhoek. Die minister van hoër onderwys, Itah Kandjii-Murangi, sê die kampusprojek kom die regering se beleid na om hoër onderrig na die massas te neem.