Nust doen navorsing oor oorlewing in verband met grondgebruik en landskappe

Die biodiversiteitsentrum van Nust is steeds besig met navorsing en die hoof van die sentrum, professor Morgan Hauptfleisch sê die jongste navorsing handel oor oorlewingsmaatreëls in verskillende landskappe. Die span werk op die oomblik in die Ehirovipuka bewaringsgebied in die Kunene-streek, wes van Etosha Nasionale Park. Die diere sal volgens Hauptfleisch verskillende strategieë ontwikkel in gebiede waar grond anders benut word. Hy verduidelik.