Numsa wil ingenieursektor lamlê

Die arbeidsektor in Suid-Afrika begin warm word. Die buurland se metaalwerkersvakbond, Numsa, dring aan op ‘n totale afsluiting van die ingenieursektor totdat daaraan hulle eise voldoen word. Die vakbond se landwye staking begin vandag met die hoofoptog in Johannesburg, waar vakbondlede na die kantore van die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf gaan opruk om ‘n memorandum van hulle eise te oorhandig. ‘n Woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle dring aan op ‘n verhoging van 8 persent terwyl werkgewers ‘n loonverhoging van 4,4 persent aanbied: