Numsa vra verlenging van ingenieurswese-ooreenkoms

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond, Numsa, doen ‘n beroep op die arbeidsminister, Thulas Nxesi, om dringend ingenieurswese se hoof-ooreenkoms in die Staatskoerant te publiseer en te verleng. Dit is om te verseker die ooreenkoms word uitgebrei na buite-partye in die groter ingenieursektor, sodat hulle verhogings kan ontvang. Numsa se hoofsekretaris, Irvin Jim, sê die ooreenkoms sal bestendigheid vir die bedryf se werkers bring sodat hulle swaarverdiende verhogings kan geniet: