Numsa veroordeel afleggings by Padongelukkefondsbestuur

Numsa het met minagting die Padongelukkefondsbestuur se pogings verwerp om die vakbond die sondebok te maak vir die afleggingsproses ingevolge artikel 189-A van die Wet op Arbeidsverhoudinge. Die vakbond het kennis geneem van die kommunikasie wat die fonds se waarnemende korporatiewe ondersteuningsbeampte, Ian Barriel, en die uitvoerende hoof, Collins Letsoalo, uitgereik het. Hulle beweer daarin dat Numsa die proses begin het om werknemers af te lê. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê dit is glad nie waar nie.