Krieket: Pakistan bekommerd oor Indië se groot beleggings in T20

Krieket: Pakistan se beheerliggaam is bekommerd Indië se groeiende belegging in internasionale T20-ligas ontneem die land se spelers van geleenthede om in die buiteland te speel. Die politieke spanning tussen die twee lande beteken Pakistani’s is nie welkom in die winsgewende Indiese Premierliga nie. Geen Pakistanse spelers is ook gekoop op verlede week se veiling vir Suid-Afrika se SA20 nie. Al ses die spanne behoort aan Indiese beleggers. Die Pakistanse Krieketraad glo ook die SA20 en die IL-T20 in die Verenigde Arabiese Emirate kan Pakistan se eie liga beroof van internasionale belangstelling.