Numsa: Staatsdienswerkers se salarisse drie jaar laas verhoog

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê werkers in die openbare sektor is reeds vir drie jaar ontneem van ‘n betekenisvolle verhoging. Die vakbond het sy ondersteuning beloof aan meer as 800 000 werkers wat vandag deelneem aan ‘n landwye staking in die openbare sektor. Die vakbond ondersteun die werkers, wat ‘n algemene verhoging van tien persent eis. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê werkers het die volste reg om eise te stel vir ‘n verbetering in hul voordele en omstandighede: