Numsa rig waarskuwing aan stakers

Die metaalwerkersvakbond in Suid-Afrika Numsa het sy lede gewaarsku om nie gewelddadig en misdadig te wees nie. Werkers in die staal- en ingenieursektor staak nou vir die derde week vir hulle eis van ‘n verhoging van 8 persent. Berigte word ontvang oor stakende werkers wat ander intimideer en aanrand en Numsa het hom daarvan distansieer. Nasionale woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola het lede gevra om nie onwettig op te tree nie.