Numsa neem deel aan pro-demokrasie optog vir eSwatini

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa gaan hom môre aansluit by ‘n optog na die kantoor van die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie in Pretoria, om kapsie te maak teen menseregteskendings in eSwatini. Die organisasie United eSwatini Diaspora gaan ‘n griefskrif aan die kommissie oorhandig waarin hulle eis dat die kommissie ingevolge sy mandaat teen menseregteskendings in eSwatini optree. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle ondersteun die groep se eis vir demokratiese hervormings: