NUM sê rassisme kom wyd in talle sektore voor

Die Nasionale Mynwerkersvakbond in Suid-Afrika is bekommerd rassisme kom steeds wyd voor in die mynbou-, konstruksie-, energie- en metaalsektore in die land. Sommige van sy lede word steeds onaanvaarbare en beledigende name toegesnou. Die vakbond se adjunk-hoofsekretaris, Mpho Phakedi, sê hulle sal dit met hand en tand beveg en seker maak rassistiese elemente word permanent uit die werkplek verwyder: