Nul vertroue in SA se plaaslike regering

Die oorheersende tema in Suid-Afrika is dié van ‘n plaaslike regering wat die bevolking se vertroue verloor het omdat hy onsimpatiek en gevoelloos is. Dit is die mening van Harlan Cloete van die Universiteit van die Vrystaat. Hy sê dit spreek boekdele dat 70 persent nuwe raadslede vir die eerste keer verkies is. Dit is ‘n uitdaging aan plaaslike regering en ‘n geleentheid om nuut te begin. Cloete sê die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering, Salga, moet meer doen om munisipaliteite te ondersteun: