Dubai: Beleggingsberaad vandag, braai môre

Die Namibiese regering sal van die Namibiese Beleggingsberaad by die Dubai Ekspo hou. Die beraad, wat klem lê op volhoubare beleggings vir ‘n gediversifiseerde, uitvoer-aangedrewe ekonomie sal poog om voornemende beleggers aan Namibië voor te stel en die land te posisioneer as ‘n voorkeur beleggingsbestemming. Luidens ‘n verklaring wat deur die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad uitgestuur is, sal daar môre ‘n nasionale dag en Namibiese Braaidag plaasvind. ‘n Spesiale optog word ook gehou met die Namibiese Olimpiese sterre, Christine Mboma en Beatrice Masilingi wat ook teenwoordig is. Die ekspo het op 1 Oktober verlede jaar amptelik geopen en sluit op 31 Maart.