Nudo hou volksmoord-optog, saam met LPM, PDM

Die Nudo-party sal môre ‘n optog hou teen die volksmoord-ooreenkoms. Die kwessie word môre in die Nasionale Vergadering bespreek. Nudo sal ‘n petisie oorhandig en volgens Joseph Kauandenge, die party se sekretaris-generaal, is die LPM en die PDM ook betrokke by die optog.