Nu-variant: sosiale maatreëls was nog nooit so belangrik nie

Die uitvoerende direkteur van die gesondheidministerie Ben Nangombe sê terwyl die nuwe variant, nou bekend as Nu, baie groot kommer wek, moet Namibiërs hulle gedrag aanpas om hulself teen alle variante van die virus te beskerm. Nangombe sê die nakoming van maatreëls was nog nooit so belangrik nie.