NTB wen sy saak teen Adjovi

Telecom Mundial SARL, die maatskappy van die omstrede besigheidsman Ernest Adjovi, sal die 23,5 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese Toerismeraad moet terugbetaal. Regter Herman Oosthuizen het ook 20 persent rente bygevoeg, sowel as kostes. Die saak sloer sedert 2016 toe die finale betalings gemaak is vir die bemarking Namibië in aanloop tot die Kora-musiektoekennings, wat reeds in Maart 2016 in Namibië sou plaasvind, en nooit gebeur het nie. Regter Oosthuizen…