NSX en koolstofkrediete – dis te vroeg

Die Namibiese Aandelebeurs sê daar is ‘n werklike geleentheid vir Namibië in die verhandel van koolstofkrediete, maar dit is nog te vroeg om dit in Afrika te doen. Die beurs se hoof uitvoerende beampte, Tiaan Bazuin, sê samewerking is ‘n sleutelfokus, en dat streekbeurse geleenthede ondersoek om saam te werk aan koolstofkrediet verhandeling. Kosmos 94.1 Nuus het met Bazuin gesels oor wat presies koolstofkrediete is en hoe Namibië kan voordeel trek daaruit.