NSFAF soek N$530 000 se verduisterde fondse
Die saak waar die Namibiese studente hulpfonds ‘n voormalige werknemer vir net minder as 530 000 Namibiese dollar dagvaar, is weer vandag in die hoërhof voor die adjunk-regterpresident Hosea Angula. Volgens die fonds se stukke het Tomas Konghola tussen 1 Januarie 2016 en 31 Desember 2019 betalings ter waarde van 529 000 dollar gemaak in ‘n bankrekening van ‘n ene Nelson Sheefeni. Die Teenkorrupsie-kommissie het ondersoek ingestel en bevind dat Sheefeni nie ‘n wettige student by die fonds was nie. Konghola het dit so voorgehou deur die besonderhede van bestaande studente te gebruik maar die bankrekening nommer van Shefeeni by hulle besonderhede aan te heg. Konghola verdedig die saak wat vandag vlugtig voorkom vir ‘n opdatering van vordering. Die fonds gaan ‘n geruime tyd gebuk onder befondsingstekorte omdat geld of verduister word of, studente betaal eenvoudig nie hul lenings nie.