NSFAF-skuld: net 615 uit 95 000 betaal

Plaaslike berigte lui dat uit die 95 000 uitstaande lenings wat nou betaalbaar is by die Namibiese studente hulpfonds, word net 615 afbetaal. Die fonds se woordvoerder Olavi Hamwele het aan plaaslike media gesê dat die fonds kyk na ‘n bewusmakingveldtog. Hy het bygevoeg dat die fonds regsopsies oorweeg en dat voormalige studente ook op ‘n swartlys geplaas kan word. Van die studente meen dis onregverdig dat hulle nou hulle lenings moet terugbetaal nadat talle studente se lêers weggeraak het. Hamwele het erken dat daar in die verlede uitdagings was met die stelsel maar dat dit nou opgedateer is.