NSFAF kan net 1% van skuld jaarliks verhaal

Die Namibiese hulpfonds vir studente is volgens plaaslike media nie in staat om sy skuld te verhaal nie. Volgens berigte het die fonds ‘n skamele 1 persent van die totale terugbetalings jaarliks ingewin. Die fonds word tans 7,9 miljard Namibiese dollar geskuld. Daar word berig dat sedert 2013 is bedrae soos 4, 10, 9 en toe die hoogste, 15 miljoen dollar verlede jaar, terugbetaal is. Die bedrae is ingewin terwyl die fonds se uitstaande skuld miljarde geskuld is. Die fonds het ook op ‘n stadium skuldinvorderaars aangestel en 7,3 miljoen dollar daaraan bestee het. Die fonds sukkel reeds ‘n geruime tyd met volhoubare finansiële bestuur.