Indiese werkers in tonnel vasgekeer – amper daar

Pogings om 41 konstruksiewerkers te red wat vasgekeer is in ‘n ineengestorte tonnel in Indië se Uttarakhand-staat, is byna afgehandel. Die werkers is vasgekeer sedert 12 November, toe ‘n grondstorting ‘n gedeelte van die Silkyara-tonnel, wat hulle besig was om te bou, laat intuimel het. Amptenare sê net 20 persent van die boorwerk bly oor voordat die werkers bereik kan word, wat nog 12 tot 15 uur kan duur. Indië se regering het na wat berig word ‘n aanbeveling geïgnoreer dat hy ‘n formele omgewings-risikostudie oor die snelwegtonnelprojek moet uitvoer.