NSFAF en Hilya weer in die hof

Die regstryd tussen die Namibiese Studente Hulpfonds en sy hoof uitvoerende beampte, Hilya Nghiwete is weer vandag in die hoërhof. Die fonds appelleer teen die beslissing van die arbiter dat Nghiwete, wat sedert April 2018 geskors was, heraangestel moet word. Die fonds het in Januarie aan die hof gesê die belastingbetaler het nou reeds meer a 8,4 miljoen Namibiese dollar in die verband betaal waarvan 4 miljoen dollar aan Nghiwete betaal is terwyl sy tuis was en geen diens aan die fonds gelewer het nie. Die fonds het ouditeurs aangestel en ‘n forensiese ondersoek geloods. In Augustus 2021 het die fonds appèl aangeteken teen die arbiter se uitspraak van 15 Julie 2021, wat die fonds beveel het om Nghiwete weer aan te stel. In sy appèl voer die fonds aan die arbiter het versuim om die totaliteit van die getuienis en haar optrede in ag te neem toe hy daardie beslissing gemaak het. Die saak duur voort voor regter Herman Oosthuizen vandag.