NPI skenk ook vir Covid

Namib Poultry Industries het 300 000 Namibiese dollar aan die privaatsektor koalisie geskenk. Die koalisie is geskep om owerhede by te staan tydens die derde vlaag van die pandemie. Die maatskappy sê daar is tekorte van tussen 150 en 180 metrieke ton suurstof wat maandeliks aangeteken word en die huidige verskaffer het nie kapasiteit om meer suurstof te voorsien nie. Die maatskappy, wat deel vorm van die NMI Groep van maatskappye het ‘n beroep op die privaatsektor gedoen om ook by te dra.