Novak vol lof vir Griekspoor 

Die wêreld-nommer-een, Novak Djokovic, sê hy is bly hy kon die negende agtereenvolgende keer deurdring na die kwarteindronde van die Paryse Meesterstoernooi. Die Serwiër het die eerste stel verloor teen die wêreld nommer 23, Tallon Griekspoor van Nederland, maar hom uiteindelik 4-6, 7-6, 6-4 verslaan in die ronde van 16. Djokovic, wat sy rekord van ses titels wil verbeter, sê hy het voor die wedstryd met ’n maagprobleem gesukkel. Hy was vol lof vir Griekspoor se poging.