Nottingham Forest met 4 punte beboet
Nottingham Forest moes vier punte afstaan omdat hy die Engelse Premierliga se reëls vir winsgewendheid en volhoubaarheid oortree het. Die klub het erken hy het in 2022/2023 650-miljoen rand méér wins gemaak as wat die reëls bepaal. Die straf plaas Forest nou in die 18de plek en dus in die relegasie-sone, een punt minder as Luton wat na die 17de plek opskuif, met nog nege wedstryde oor. Forest, wat binne sewe dae teen die straf kan appelleer, sê hy is teleurgesteld. Hy sê dit is onaanvaarbaar omdat hy deurentyd goeie samewerking gegee het.