Seldsame Beatles Meestersplaat gevind…

’n Seldsame Beatles-plaat wat in ’n Londense liefdadigheidswinkel gevind is, is vir meer as £4 200 (sowat N$102 000) opgeveil.

Winkelbestuurder Jaime-Marie Madden, wat by ‘n Cancer Research UK-liefdadigheidswinkel in Enfield, Noord-Londen werk, het die plaat gevind, wat sy aanvanklik gedink het ‘n paar honderd pond werd was.

Dit was in werklikheid die eerste uitgawe van die oorspronklike meestersplaat van die groep se debuutateljee-album Please Please Me.

Die album, wat in 1963 vrygestel is, is op eBay vir £4 211,89 verkoop.

Foto: Cancer Research UK