Normale tot bo-normale reën tot Mei 2023 voorspel

Die noordelike en sentrale dele van Namibië het goeie reën ontvang, alhoewel dit met lewensverliese en skade aan eiendom gepaard gegaan het. Weervoorspeller Odilo Kgobetsi sê aan Kosmos 94.1. Nuus of Namibië nóg reën oor die naweek kan verwag.

Intussen voorspel die Meteorologiese Dienste van Namibië ‘n normale tot bo-normale reënseisoen vir die die res van Desember tot Mei 2023 vir die hele land, behalwe die Suidweste.