Noordwes-Universiteit se studente hou Jool

Die Noordwes-Universiteit sal Donderdag en Vrydag hul Jool aanbied. Die Potchefstroom-kampus se Jool is ‘n groot deel van elke student se universiteits-ervaring sedert 1942 en sal die afskop van die sosiale kalender vir die tweede semester wees. Jool is sinoniem met vertonings deur van die beste plaaslike kunstenaars en die bekende vlotparade. Die doel van die Jool-ervaring is nie net om studente ‘n goeie tyd te gee nie, maar dit is ook vir ‘n goeie doel. Alle opbrengs word aan die gemeenskap geskenk wat gebruik word om gemeenskapsprojekte te finansier. Ivan Beck, die voorsitter van Jool.