Noordwes se sokkerseuns maak die buurland trots

Die Departement van Onderwys in Noordwes is trots op die onder-16-span van die Hoërskool Eletsa wat die land van verlede Woensdag tot gister by die Pan African-kampioenskap vir Skole in die Demokratiese Republiek van die Kongo verteenwoordig het. Die onder-16-sokkerspan het teen Benin, Ethiopië, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Senegal en Marokko gespeel. ‘n Woordvoerder van die departement, Elias Malindi, sê ongelukkig het die Suid-Afrikaanse seunspan drie wedstryde verloor en met 1-1 gelykop gespeel teen Senegal: