Spanning met Rusland neem verder toe

Die Europese Unie sê Rusland se erkenning van die twee wegbreekgebiede van Donetsk en Luhansk in Oos-Oekraïne is ‘n blatante verbreking van internasionale reg. Die EU sê saam met sy vennote sal hy Oekraïne ferm en vasbeslote, en met eenheid ondersteun. Intussen het die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad vandag in New York ‘n noodvergadering belê om die krisis te bespreek. Rosemary DiCarlo van die Verenigde Nasies sê die gevaar van grootskaalse konflik is ‘n werklikheid en moet voorkom word: