Noordelike pastoor beskuldig van vier skool-swangerskappe

Vier leerders van die Etomba Sekondêre Skool in die Ohangwena-streek sê die Pinksterpastoor in die gebied het hulle swanger gemaak. ‘n Senior tradisionele leier van die Oukwanyama in die gebied, George Nelulu, sê hy het groot kommer oor die rol van kerke en pastore in die gebied. ‘n 19-jarige meisie het aan plaaslike media bevestig dat die pastoor die pa van haar kind is maar, sy was nie op skool toe hy haar swanger gemaak het nie. Daar is berigte dat leerders in die kerke toegesluit word tot laataand onder die vaandel van eksamen-voorbereiding. In ander gevalle, word families geskei deur die kerke en self-verklaarde profete. Daar is reeds ‘n geruime tyd uitdagings met kerke en self-verklaarde profete, veral in landelike gebiede.