Noordeboere vergader met Namibiese polisie

Sowat 80 Noordeboere van Grootfontein, Kombat, Otavi, Tsumkwe en Tsumeb het ‘n vergadering met die operasonionele polisiehoof van Nampol, generaal-majoor Joseph Shikongo en ander polisiehoofde op Grootfontein gehou en hul kommer oor stygende gevalle van veediefstal en wildstropery uitgespreek. Die boere beskuldig stasiebevelvoerders daarvan dat daar nie gehoor gegee word aan hul talle veediefstalklagte nie. Shikongo het gesê hy sal polisiebeamptes afdank wat lui en korrup is terwyl hulle aan diens is.