Noord-Korea kondig oorwinning teen ‘koors’ aan

Noord-Korea het die verpligte dra van maskers opgehef en ander virusbeperkings verslap, ‘n paar dae na die leier Kim Jong Un die oorwinning oor Covid-19 verklaar het. Pyongyang het vroeer die week Suid-Korea blameer vir die uitbreking van Covid-19 in Noord-Korea en gedreig om die Suid-Koreaanse owerhede indien nodig, uit te wis. Die amptelike Koreaaanse sentrale nuusagentskap in Pyongyang het berig virusbeperkings is verslap terwyl die openbare gesondheidskrisis in die land heeltemal ontlont is.