Noodtoestand oor droogte versoek

Lede van die Nasionale Raad het gevra vir ‘n noodreaksie-plan op die dreigende droogte, wat volgens hulle reeds talle gemeenskappe geraak het weens ‘n gebrek aan reënval. Die raadslede bespreek tans die 2023/2024-begroting wat deur die Nasionale Vergadering verwys is. Lede het die dringende behoefte aan ’n noodplan beklemtoon wat onmiddellike verligting sal bied aan droogtegeteisterde gemeenskappe . Kommer is uitgespreek oor die impak op die landbou-sektor en het. Paulus Mbangu van die Rundu landelike kiesafdeling het ‘n beroep op President Hage Geigob om ‘n noodtoestand oor die droogte af te kondig.