Noodtoestand in New York, New Jersey

Die goewerneurs van New York en New Jersey het beide ‘n noodtoestand afgekondig na swaar neerslae as gevolg van die tropiese storm Ida. Minstens ses mense is tot dusver dood as gevolg van frats vloede met vier wat verdrink het in die kelder van hulle huis in New York. Die ondergrondse treinstelsel is volgens berigte ook onder water.