Noodsaaklike items na vloedgebiede in Noorde gestuur

Die kantoor van die eerste minister het begin om noodsaaklike items soos onder meer kos, matrasse, reddingsbaadjies en voertuie vanaf sy pakhuis in Windhoek na die vloedgeteisterde gemeenskappe in die Noorde te stuur. Tans word die Ohangwena-streek die ergste geraak word, maar die vloedwater sal na verwagting ander streke soos Oshana bereik. Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Sy het ook ’n beroep op die sakegemeenskap gedoen om ’n helpende hand uit te reik waar hulle kan.