Nomad-visum verwelkom – Simonis Storm

Simonis Storm sê die Nomad-visum is ‘n positiewe ontwikkeling, nie net vir die plaaslike toerismesektor nie, maar ook vir aanvullende sektore soos kleinhandel, professionele dienste, telekommunikasie en vermaak of kulturele, en ontspanningsaktiwiteite. Die konsep om buitelandse werkers te huisves, het beslis herleef na inperkings in 2020 en die firma sê hy loof die regering vir die vooruitstrewende beleid in die verband. Namibië lê 11de in die top 12 lande vir die tipe van aansoek, veral omdat dit relatief goedkoop is wanneer die Namibiese dollar teen buitelandse geldeenhede opgeweeg word. Die visum sal ook uiters positief wees vir toerisme in die land. Die visum is verlede week bekend gestel.