Nog waarskuwings oor slenters

Die justisie-ministerie waarsku die publiek om bedag te wees op ‘n bedrieglike dokument wat rondgestuur word en wat voorgee om ‘n lasbrief vir inhegtenisname te wees oor uitstaande verkeersboetes. Mense word dan gevra om die sogenaamde boetes te betaal, maar die ministerie sê dis ‘n bedrogspul. Die dokument wys stempels van die kantoor van die aanklaer-generaal en die kantoor van die regsbank. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Nghidipo, die ministerie se hoof skakelbeampte, wat verduidelik hoe ‘n egte lasbrief sal lyk.